Chrissi Bornman
Ouderdom
18
Tuisdorp
Orania
Skool en dorp/stad van skool
Orania CVO-skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie vir my rok kom uit my persoonlikheid. Ek wou my vroulike kant kombineer met my waaghalsige geaardheid, sonder om my elegante styl prys te gee. Ek het donkerbruin as hoofkleur gekies, omdat dit ’n ongewone keuse is wat min meisies sou oorweeg. Die bruin en donkergroen word met goud gekombineer om ’n moderne en elegante voorkoms te skep. Ek wou nie net 'n formele matriekafskeidrok gehad het nie, dus het ek my modelwêreld en 'n modieuse styl gekombineer om my persoonlikheid en liefde vir mode te weerspieël.
