Jeanna Bissett

Jeanna Bissett Jeanna Bissett Jeanna Bissett

Ouderdom

18

Tuisdorp

Pretoria

Skool en dorp/stad van skool

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Net soos pêrels hul skoonheid met tyd onthul, word ons gevorm deur elke ervaring wat deel word van ons storie. My matriekafskeidrok is geïnspireer deur ’n droom wat ek nog altyd gehad het en dit is om ’n sagte pienk rok te dra wat soos iets uit ’n sprokie voel, maar steeds uniek en modern is. Die pêrels en hul besondere patroon gee die rok sy eie karakter. Vir my simboliseer die patroon hoe elke ervaring, herinnering en uitdaging deel vorm van wie ek is. Net soos die pêrels saam ’n pragtige geheel vorm, maak elke klein deel van my reis my die mens wat ek vandag is. Ek wou hê my rok moes nie net mooi wees nie, maar ook ’n storie vertel een van individualiteit en die begin van ’n nuwe hoofstuk. Dit is vir my wat die rok werklik besonders maak. Dit bring ’n droom tot lewe en gee my die geleentheid om een van die belangrikste oomblikke in my lewe in iets te vier wat ek nog altyd wou hê.Elke pêrel vertel sy eie storie, maar saam vorm hulle ’n meesterstuk net soos elke oomblik in my lewe my help vorm tot wie ek bestem is om te wees.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media