mackenzie laurelen white

mackenzie laurelen white mackenzie laurelen white mackenzie laurelen white

Ouderdom

18

Tuisdorp

Pretoria

Skool en dorp/stad van skool

Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Twee goed het my geïnspireer:

Omdat Ruan die hoofseun in 2026 was, moes ek en hy, saam met die onderhoofseun en sy metgesel, die dansbaan open. Ons is al drie jaar saam en om die einde van ons skoolloopbaan so te vier, was regtig baie spesiaal. Die dans wat ons gekies het, was 'n pragtige, romatiese "two-step" met draaie en swaaie. Ek wou hê dat my rok die dans komplementeer: mooi draai, skitter en ook baie gemaklik sit.

Die patroon van die rok is geïnspireer deur Christian Dior se Junon ontwerp van 1949. Die rok work deur kenners beskryf as 'n meesterstuk van driedimensionele ontwerp. My ma het haar weergawe van die rok uitgewerk sodat dit klassiek, sag en gemaklik om my lyf hang met 'n romp van blomblare wat skitter en oopvou as ek draai.

Omdat dit so 'n ikoniese en klassieke styl is én omdat dit driedimensioneel tot sy reg sou kom op die dansbaan, het ek my hart op die ontwerp gesit.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media