Jorine Krügel

Jorine Krügel Jorine Krügel Jorine Krügel

Ouderdom

18 jaar

Tuisdorp

Plaas buite Stampriet

Skool en dorp/stad van skool

Stampriet

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My gunsteling kleur is pienk, en ek is ook versot op pêrels. Op Pinterest het ek ’n prentjie van ’n donkerpienk rok met ’n blompatroon gesien wat my dadelik getrek het. Hoewel ek van die rok gehou het, was die boonste gedeelte vir my ’n bietjie te eenvoudig. My ma en ek het toe die idee gekry om pêrels daarop aan te werk of plak, en ook pêrelbandjies oor die skouers by te voeg om dit meer elegant en uniek te maak.

Toe die rok uiteindelik hier aankom, het ek vir Tannie Jeanie gekontak om te help met die veranderinge en die rok te omskep in presies wat ek in gedagte gehad het. Met baie sorg en aandag het sy die rok aangepas en elke detail perfek afgewerk.

Ek is ongelooflik dankbaar vir al haar moeite en harde werk. Sy het my visie verstaan en die rok omskep in my droomrok. Ek is verskriklik bly oor hoe dit uiteindelik uitgedraai het en kon nie vir ’n mooier eindresultaat gevra het nie.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media