Celeste van der Merwe
Ouderdom
18 jr
Tuisdorp
Hartbeespoort
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Wagpos in Brits
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeidrok was om iets te ontwerp saam met Charné van Champagne Kisses, wat werklik my persoonlikheid en styl weerspieël. Ek het die rok self geteken en ontwerp, en my kleur met sorg gekies omdat ek wou hê dit moes iets besonders vir my beteken. Ek wou nie net ’n mooi rok dra nie, maar ’n rok wat my eie kreatiwiteit, drome en individualiteit uitbeeld. Vir my gaan dit oor meer as net ’n rok — dit gaan oor die skep van ’n spesiale herinnering aan een van die mooiste mylpale van my skoolloopbaan.
