Jodi Nel
Ouderdom
18
Tuisdorp
Pretoria
Skool en dorp/stad van skool
Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie kom uit ń spesiale stukkie van my hart - die hibiskusblomme wat rondom my ouma se huisie in Kleinbrak blom. Die blom se helder kleure en dramatiese blare weerspieël nie net my kosbare herinneringe nie, maar ook my energieke, passievolle en dramatiese persoonlikheid. My rok vertel definitief ń storie van vreugde en dit is presies wat ek wou gehad het.
