Saskia van Wyk
Ouderdom
18
Tuisdorp
Roodeplaat
Skool en dorp/stad van skool
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het inspirasie vir my rok uit trourokke gekry, veral op Milla Nova se Instagram-blad. Ek het geweet ek wil ’n groot rok hê, want ek wou soos ’n prinses voel. Ek wou ook nie ’n rok met sigbare korsetstutte hê nie. Diamante was nog altyd my gunstelingelement van aandrokke, en ek het van die begin af geweet daar móét diamante wees!
My ma en ouma se idees en raad was ook ’n groot deel van my inspirasie. Al het ek nie altyd met hulle saamgestem nie, was hulle die mense wat my die meeste ondersteun en raad gegee het oor die verskillende elemente van my rok.
