Anju Heyneke
Ouderdom
18
Tuisdorp
Douglas
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Douglas, Douglas
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter my rok was om iets te kies wat eenvoudig, maar steeds besonders is. Ek was nog altyd lief vir die tydlose elegansie van swart, omdat dit nie dan nodig is om oordadig te wees om ’n indruk te maak nie. Ek wou ’n rok hê waarin ek vroulik, stylvol en selfversekerd voel.
