Lize Fourie
Ouderdom
18
Tuisdorp
Bloemfontein
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het ’n besondere liefde vir alles wat blomme en blinkers insluit, en daarom was dit vir my belangrik om hierdie elemente deel van my rok te maak. Ek wou doelbewus wegbeweeg van die heersende modeneigings, soos korsette en hoë splete, en eerder ’n ontwerp skep wat my persoonlikheid en individualiteit weerspieël. Ek sal myself as baie ladylike beskryf, en daarom was dit vir my belangrik dat my rok ’n tydlose, elegante en beskeie voorkoms moes hê. Ek wou ’n rok hê wat nie soortgelyk aan ander sin is nie, en dat ek later jare kan terug kyk en nie oor my keuse sou spyt wees nie.
