Iné van der Merwe
Ouderdom
18
Tuisdorp
Johannesburg
Skool en dorp/stad van skool
Helpmekaar Kollage, Johannesburg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My grootste droom vir my rok was dat dit my as mens weerspeël.
Vandat ek ‘n klein dogtertjie was, is my gunsteling kleur pienk, daarom was daar geen twyfel oor die kleur van my rok nie, gepaard met die fyn pienk en pers blink kraletjies het die rok my toegelaat om my vrolikheid uit te lig.
My rok was elegant maar steeds uniek. Dit het my toegelaat om heeltemal myself te wees en ek kon soos ‘n prinses voel, veral wanneer ek gedraai het.
