Charlise Roos
Ouderdom
18
Tuisdorp
Secunda
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Hoogenhout - Bethal
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Soos ek ouer geword het, was ek met lelike aanmerkings en steriotipes oor my rooi hare gelos. Ek was aanvanklik skepties dat n groen rok dalk net nog steriotipes sou aanmoedig, maar het besluit dat ek my eie waardes sou bepaal. Die oomblik toe ek die rok in volle glorie gesien en aanpas het, het ek geweet dat ek dit ten volle wil embrace! Ek het my sport (boogskiet) in my fotos ingewerk, en soos die ware prinses Merida van Brave gevoel. Die inspirasie van my rok was om my eie identiteit uit te leef en die eienskappe wat my uniek maak met trots te dra.
