Terésa van Straten
Ouderdom
18
Tuisdorp
Centurion
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Eldoraigne, Centurion
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou nog altyd weet hoe dit moes voel om n rok te dra soos Aspoestertjie in die werklike-akteur fliek, Cinderella. Ek kon net dink hoe pragtig en vroulik die rok haar laat voel het. Ek het toe bietjie op Pinterest gaan kyk vir idees en op n pragtige rok af gekom. Die rok was vlootblou met glinster-valle. My rok het toe 'n diep karmosynrooi uitgedraai, maar ek het vir seker soos n prinses gevoel!
