Miané Lange
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het van die begin af geweet dat ek iets besonders wou hê — iets wat uitstaan en my persoonlikheid weerspieël, want ek is beslis nie ’n “plain Jane” nie!
Ek wou ’n prinsesrok hê met baie glans, ’n treffende styl en natuurlik sakke, want ’n meisie moet darem prakties én stylvol kan wees. Ek het ’n duidelike visie gehad van wat ek wou hê: iets dramaties, vroulik en vol glans, met ’n groot, vloeiende romp, ’n treffende rooi kleur en soveel blinkers as moontlik! Ek glo immers dat as jy ’n geleentheid kry om soos ’n prinses aan te trek, jy dit behoorlik moet doen. Ek is baie gemaklik met my eie styl en weet wat my mooi laat voel. Daarom was dit vir my belangrik om nie ’n rok te kies net omdat dit gewild is of omdat almal anders daarvan hou nie.
Ek wou ’n ontwerp hê wat my wat my figuur, lengte en persoonlikheid komplimenteer. Ek wou hê my rok moes ’n stelling maak, maar terselfdertyd steeds ek wees. Toe ek my idees gekombineerd sien, het ek net geweet: dit is die een! 'n Paar verskillende ontwerpers het my keuse ondersteun en was mal oor my visie, wat my nog meer seker gemaak het van my besluit, & wat Carike Nel die beste tot uitvoering gebring het. Pinterest het natuurlik ook ’n bietjie inspirasie verskaf!
Ek wou iets hê wat my liefde vir rooi, glans en dramatiese detail weerspieël — ek wou nie soos iemand anders lyk nie; ek wou net die mooiste weergawe van myself wees.
