Kelsey-Jayne Allison

Kelsey-Jayne Allison Kelsey-Jayne Allison Kelsey-Jayne Allison

Ouderdom

18

Tuisdorp

Nelspruit

Skool en dorp/stad van skool

Nelspruit Hoërskool, Mbombela

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matriekafskeidrok was n video wat ek op Instagram gesien het. Die video het n KI gegenereerde foto gewys van n ou elegante rok wat geverf is met kleurvolle patrone en kleure. Ek het toe nie veel daarvan gedink nie en toe die dag nader kom waar ek my rok moes gekies of ontwerp het het die idee net in my kop ingespring om my rok te verf. My hoof inspirasie vir die vloeiende patrone is Vincent Van Gogh en die manier hoe hy patrone en kleur gebruik in sy kunswerke. As ‘n kunstenaar wou ek gehad het my matriekafskeidrok moet uniek wees aan my en dit moet ook uitstaan in plaas daarvan dat ek net n doodgewone rok aantrek. Ek wou gehad het dat die vloeiende patrone lewe bring aan die rok en dat die kontraserende kleure aandag trek maar steeds die rok se elegante voorkoms uitbring en behou. Op die ou end het al die komponente van die rok my liefde vir kuns en outydse elegansie wat ook geken is as “Baroque Style”, bymekaar gebring en dit het ook my individualiteit uitgestraal.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media