Natasha Potgieter

Natasha Potgieter Natasha Potgieter Natasha Potgieter

Ouderdom

18

Tuisdorp

Bloemfontein

Skool en dorp/stad van skool

Eunice High School, Bloemfontein

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het die rok reeds ’n jaar gelede raakgesien en dadelik verlief geraak daarop. Die moue het my aan my gunstelingblomme, pioene en rose, herinner, terwyl die pêrels my aan ’n vintage, klassieke styl laat dink het. Alhoewel dié styl effens verskil van my gewone, meer unieke en onkonvensionele smaak, het dit my ook herinner aan my skool se erfenis en hoe my tyd daar my gehelp het om te groei en ’n volwasse jong vrou te word. Die oorspronklike rok het nie ’n spleet gehad nie, maar ek het besluit om een by te voeg om iets van myself en my eie persoonlikheid in die ontwerp te sit.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media