Chanté Kruger
Ouderdom
18
Tuisdorp
Rustenburg
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Rustenburg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou ’n rok hê wat my persoonlikheid weerspieël, elegant, uniek en tydloos. Die diep groen kleur is geïnspireer deur die natuur, terwyl die pêrels ’n sagte en romantiese gevoel gee. Die oop rug, met die pêrels is ’n spesiale verrassing agter my rug, en die lang, vloeiende sleep maak die rok besonders. Ek wou hê my rok moes soos iets uit ’n sprokie voel, maar steeds ’n deel van wie ek is.
