Elzaan Schoonbee
Ouderdom
18
Tuisdorp
Walvisbaai
Skool en dorp/stad van skool
Walvisbaai Privaat Skool, Walvisbaai
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het nog altyd gedroom van ’n klassieke ball gown met ’n korset, iets tydloos en elegant soos ’n regte prinsesrok. Ek wou hê my rok moes sag en romanties wees, met fyn blommetjies en net die regte hoeveelheid blinkertjies. Die blommetjies wat soos klein reëndruppels al hoe minder na onder vloei, was een van my gunsteling besonderhede. Ek het ’n idee gehad van wat ek wou hê, maar die eindresultaat was soveel mooier as wat ek ooit kon droom.Met elke aanpassing het ek net meer opgewonde geraak om dit uiteindelik op my matriekafskeiddag te dra.
