MIA HOFMEYR

MIA HOFMEYR MIA HOFMEYR MIA HOFMEYR

Ouderdom

18

Tuisdorp

KUILSRIVIER

Skool en dorp/stad van skool

HOËR MEISIESKOOL BLOEMHOF IN STELLENBOSCH

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

ń Roos is ń besonder betekenisvolle blom, want dit simboliseer nie net skoonheid nie, maar ook groei, krag, liefde en ń nuwe begin. Elke roos is uniek en net so is elke meisie uniek met haar eie verhaal. Van ń klein knoppie tot ń volle blom wat bloei....My rok herinner my aan die perfekte roos-ń blom wat nie oornag sy volle prag bereik nie, maar deur verskillende fases groei voordat dit uiteindelik in volle bloei staan. So simboliseer my rok ook my persoonlike groei deur my skooljare. Dit het begin as ń klein saadjie van drome en moontlikhede, wat met elke uitdaging, elke les en elke kosbare herinnering gegroei het. Soos die kroonblare van die roos wat een vir een oopvou, het elke jaar ń nuwe deel van my gevorm en my karakter ontwikkel tot die mens wat ek vandag is. Die diep rooi kleur is ook ń simbool van die skoonheid wat uit hierdie reis ontstaan het. Nou aan die einde van my skoolloopbaan, staan ek soos ń roos in volle bloei-dankbaar vir die pad wat ek gestap het, trots op die blom wat ek geword het en opgewonde oor die nuwe seisoen wat voorlê. Want hoewel die matriekafskeid die einde van ń hoofstuk is, is dit ook die begin van ń nuwe een waarin ek verder kan groei, droom en blom!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media