Kate-Lynn Da costa
Ouderdom
18
Tuisdorp
Midstream
Skool en dorp/stad van skool
Afrikaanse Hoër Meisieskool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My droomrok was nog altyd ’n vleeskleurige rok met pêrels en krale, maar oor die jare het dié styl baie gewild geraak. Hierdie jaar wou ek graag iets anders hê, iets uniek wat steeds my persoonlikheid en karakter weerspieël.
Ek het egter van die begin af geweet dat die kleur van my rok ’n diep koningsblou moes wees. Toe Carike die rok aan my wys, het ek dadelik geweet: dit is die een!
Die rok het ’n sagte, maar tog elegante voorkoms, terwyl die diep koningsblou kleur my standvastige en selfstandige persoonlikheid weerspieël. Dit is ’n rok waarin ek steeds vroulik en elegant kan voel, sonder om my eie identiteit prys te gee.
