Cailyn Botha
Ouderdom
18
Tuisdorp
Rustenburg
Skool en dorp/stad van skool
Bergsig Akademie/Academy
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie vir my rok het begin met ontelbare foto’s en lang gesprekke met my mamma totdat ons uiteindelik ’n ontwerp gevind het waarop ons albei verlief geraak het. Die dramatiese sleep, elegante spleet en unieke snit het my hart gesteel. Ek wou ’n rok hê wat nie net mooi lyk nie, maar ook ’n storie vertel — ’n rok wat die einde van my skooljare en die begin van ’n nuwe hoofstuk in my lewe simboliseer. Elke detail sal my herinner aan hierdie besonderse aand, die liefde waarmee dit gemaak is en die mense wat hierdie reis saam met my gestap het.
