Bielke Grey
Ouderdom
18
Tuisdorp
Rustenburg
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Rustenburg, Rustenburg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou ’n elegante en tydlose rok hê wat steeds uniek en anders is. Die diepblou kleur en blomversierings het my geïnspireer, omdat dit ’n kombinasie van klassieke elegansie en natuurlike skoonheid skep. Ek wou hê my rok moes my persoonlikheid weerspieël en iets besonders wees wat ek altyd sal onthou.
