Nieke Matthee
Ouderdom
18
Tuisdorp
Bloemfontein
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Sentraal - Bloemfontein
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Vandat ek 'n klein dogtertjie was, versamel ek prentjies van verskillende dele van rokke wat vir my mooi is. Wat 'n voorreg was dit vir my om hierdie jaar al hierdie stukkies bymekaar te sit om my droomrok te laat ontwerp. Ek het verlief geraak op die stuk lap, wat spesiaal met die hand gekleur is om die ikoniese roospienk-rooi kleur te kry. Sag genoeg om vroulik te wees, maar opvallend genoeg om my eie stempel af te druk. En ja! Dit het perfek by my rooi hare gepas. Die dramatiese, vloeiende shawl, het my rok 'n besonderse teenwoordigheid gegee. Ek wou hê die rok moes iets van my persoonlikheid weerspieël: 'n liefde vir detail en 'n waardering vir klassieke elegansie.
