Kayleigh-Ann Muller
Ouderdom
18
Tuisdorp
Rayton
Skool en dorp/stad van skool
Kleurvolle Toekoms Tutoring Rayton
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was om iets te skep wat net so uniek soos ek is. Ek wou hê die rok moes die perfekte balans tussen ’n sprokiesprinses en ’n moderne, selfversekerde jong vrou wees. Die koninklike pers, sagte sjampanjekleurige lae tule en sprankelende detail het vir my die perfekte kombinasie gebied van elegansie, individualiteit en ’n bietjie gewaagdheid. Ek wou nie net mooi lyk nie, maar ook spesiaal voel, myself wees en ek wou met selfvertroue instap. Diaan was ook my inspirasie met die verskillende skeppings wat hy elke jaar ontwerp.
