Hanelle Kruger

Hanelle Kruger Hanelle Kruger Hanelle Kruger

Ouderdom

18 jaar

Tuisdorp

Bloemfontein

Skool en dorp/stad van skool

Jim Fouchè Hoërskool Bloemfontein

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie het begin lank voordat ek ooit aan my eie matriekafskeid gedink het. Toe ek klein was, het ek met my ma se groot, wye matriekafskeidrok gespeel en gedink hoe mooi dit sou wees om eendag ook so ’n rok te dra. Sonder dat ek dit besef het, het daardie klein dogtertjie se droom by my gebly. Toe my eie matriekafskeid uiteindelik aanbreek, wou ek nie sommer net ’n rok kies nie; ek wou iets dra wat ’n stukkie van daardie kinderdae saam met my kon neem. My rok is dus geïnspireer deur ’n droom wat oor jare gegroei het — ’n droom wat my uiteindelik laat besef het dat sommige dinge wat ons as kinders begeer, nie verdwyn nie; hulle wag net vir die regte oomblik.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media