Delinda Serfontein

Delinda Serfontein Delinda Serfontein Delinda Serfontein

Ouderdom

18

Tuisdorp

Koppies

Skool en dorp/stad van skool

Bethlehem Voortreker Hoërskool Bethlehem

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het jare voor die groot dag aangebreek het reeds ’n prentjie in my kop gehad van my droomrok. Daarom het ek werklik ’n stralende, gloeiende uitdrukking op my gesig gehad die dag toe ek my rok vir die eerste keer aangetrek het.

Die kleur geel beteken soveel meer vir my as net ’n kleur. Geel is ’n ware weerspieëling van my sonskynpersoonlikheid; dit is ’n bewys dat, al gaan jy deur moeilike tye en beland jy in die donkerste nag, die son sonder twyfel weer sal skyn. Dit is dus noggals vanselfsprekend dat die rok wat ek jare lank in my verbeelding gekoester het, ten minste ’n bietjie geel moes hê.

Ek het wel een ding van die begin af geweet: ek wou glad nie hê dat my rok moes blink, loofwerk (sequins) of enige “shiny” materiaal hê nie. Ek wou ’n rok hê wat my egte plaasmeisiehart gelukkig sou maak – ’n rok so natuurlik soos die oop vlaktes van die Vrystaat.

My prentjiesmooi rok, wat ek vir so lank as ’n gedagte in my kop gedra het, het my op my groot dag met ’n hart vol blydskap gelaat. Dié rok beeld my as persoon presies uit, want soms is ons tog te bang om voluit onsself te wees

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media