Kyla Scholtz
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek is mal oor klassieke mode. Daarom dat ek van die begin af geweet het ek wil n rok hê wat tydloos is en vir my is daar min dinge mooier as plooie. Dink maar aan Marilyn Monroe se bekende wit rok – soveel jare later en dit bly pragtig.Wat ek die meeste van plooie hou, is hoe dit verander wanneer jy beweeg. Wanneer n plooi stil hang, is dit mooi, maar wanneer jy begin stap of draai , kry dit lewe. En dit is die mooiste mooi. Dit is asof die plooi n storie wil vertel.Ek en my ma het Pretoria platgery opsoek na die perfekte groen, en toe Peter Bondesio begin het om alles bymekaar te bring, het dit wat ek in my kop gesien het, stadig my rok geword.Materiaal is Kaapstad toe om geplooid te word , kant is met die hand gekleur om presies die regte groen te wees en elke kraletjie is met die hand aangebring.My rok is baie meer as wat die oog kan sien. My storie is daarin. In elke plooi lê n stukkie van my pa se oneindige geduld, my ma se moeite en kilometers wat nooit vir haar te veel was nie en my broer se omgee en liefde. En al die ander wat gehelp het om my droom n werklikheid te maak.My inspirasie het dalk begin by n klassieke Marilyn Monroe maar my rok se storie het eintlik niks met haar te doen nie.Dit gaan oor waar ek vandaan kom.Oor die mense wat my gevorm het.Twaalf jaar van skool.Oor wie ek vandag is.En dit wat voor my lê.Hierdie rok is nie iemand anders se storie wat ek probeer dra het nie.Dit is myne! Elke plooi. Elke detail. Elke herinnering.100% net ek.
