Lumé Zaaiman
Ouderdom
18
Tuisdorp
Witbank
Skool en dorp/stad van skool
Curro Bankenveld-Witbank
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was die prinsesgevoel waarvan ’n mens as klein dogtertjie droom. Ek wou daardie droom op my eie manier laat waar word, met ’n rok wat by my spontane, vrolike persoonlikheid pas. Ek geniet dit om tussen mense te wees, ander te laat lag en elke oomblik ten volle te beleef.
Die diepblou kleur en fyn detail het my liefde vir mooi, elegante dinge weerspieël, terwyl die groot, vloeiende romp by my lewenslustige kant gepas het. Ek wou soos ’n prinses voel, maar steeds vry wees om te lag, te dans en myself te wees.
Vir my moes die rok my persoonlikheid laat uitstaan. Die rok kon die sprokie skep, maar die selfvertroue moes van binne kom. Ek wou hê mense moes die rok onthou, maar ook die vrolike meisie met die groot glimlag daarin.
