Carissa Esterhuizen
Ouderdom
18
Tuisdorp
Rustenburg
Skool en dorp/stad van skool
Bergsig Akademie en Rustenburg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het my rok al in Graad 10 op Instagram raakgesien en het dadelik geweet dat dit die rok is wat ek eendag vir my matriekafskeid wou hê. Ek het van die begin af gehou van die donkerblou kleur, die kleurvolle blommetjies en die groot, sagte romp. Toe ek uiteindelik die rok gekry het, het dit presies die elegante en prinsesagtige gevoel gehad waarvan ek gehou het.
