Mila Connoway

Mila Connoway Mila Connoway Mila Connoway

Ouderdom

18

Tuisdorp

Centurion

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Waterkloof, Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het my materiaal gekoop sonder enige idee oor hoe my rok gaan lyk. Ek het net geweet dat die lap iets besonders is. Ek het geweet dat ek n gemaklike rok sal wil hê wat my persoonlikheid weerspieël. Aangesien ek klaar die materiaal gehad het, moes ek iets kies wat met die lap sou werk sowel as die kleure. Ek het met een foto en die materiaal na tannie Mariaan toe gegaan. Sy het voorheen ook n rok vir my gemaak en het geweet wat my styl is en waarmee ek gemaklik sou wees. So het ons bietjie vir bietjie aan die rok begin werk en dinge verander totdat ons uiteindelik by 'n ontwerp gekom het.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media