Nerida de Beer
Ouderdom
17
Tuisdorp
Bethlehem
Skool en dorp/stad van skool
Höerskool Witteberg in Bethlehem
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Van kleins af was ek lief vir “skud”-rokke, en die vol romp van hierdie rok het daardie liefde beklemtoon.
Tweedens, as ’n Tipe 1-diabeet was dit vir my belangrik dat die ontwerp ook my 780G-insulienpomp kon akkommodeer.
Laastens, ek het nog altyd ’n voorkeur vir ’n tydlose, klassieke styl en die Ruby Red-kleur gehad.
Hierdie rok weerspieël my persoonlikheid, my styl en ’n deel van wie ek is.
