Monica Alberts

Monica Alberts Monica Alberts Monica Alberts

Ouderdom

18

Tuisdorp

Ventersdorp

Skool en dorp/stad van skool

Mos-wêreldwyd aanlyn tuisskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou n rok hê wat my komplimenteer, maar meer as dit – ek wou hê my rok moes iets van my vertel. Ek wou nie hê mense moes net die rok raaksien nie, ek wou hê hulle moes my daarin sien. Iets vrolik, iets sag, iets elegant, maar steeds iets wat my persoonlikheid in sy beste vorm weerspieel. Maar ek wou hê dit moes nie net nog n mooi rok wees nie. Ek wou hê daar moes iets van my in wees. Daarom het ek besluit op n klein pêrelbeltjie – iets eenvoudig, maar met net daardie ekstra spesiale detail wat die rok volledig myne gemaak het. Maar die rok het vir my n betekenis gekry wat baie groter is as net hoe dit lyk. Dit is die rok waarmee ek die einde van my skooljare gevier het – en die eerste tree na my toekoms gegee het.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media