Tuisdorp
Goodwood, Kaapstad
Skool
DF Malan
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het self my rok ontwerp en Lana van Lana Design Studio in Brackenfell het dit tot lewe gebring met haar fyn oog vir detail.
"From the start, Anja had a clear vision for her dress, and together we shaped her ideas into this creation that highlighted her ultra-slim waist. The off-shoulder design in a dramatic shade of green contrasted with her milky skin, while the soft tulle skirt balanced the bold red embroidered motifs that made the gown distinctive. The beaded bodice added sparkle and glamour. - by Lana Design Studio"
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het my droom rok een dag rofweg uitgeskets terwyl my moeder besig was in die haarsalon. Ek wou nog altyd 'n emerald groen rok gehad het. Dit is een van my gunsteling kleure en laat my dink aan my gunsteling plek, Knysna. Die groen kralewerk in die vorm van varings weerspieël die woud met sy bome en asemrowende natuur.
Ek is 'n jongmens met 'n passie vir kuns en het geweet dat die enigste kleur wat die groen sal laat uitstaan en komplementeer was rooi. Die handgemaakte blomme met skakerings van pers, rooi, en burgundy verteenwoordig rose. Rose speel 'n groot rol in my lewe. Dit is die blom wat ek vir my moeder en ouma koop vir spesiale geleenthede. Dit was ook my oorlede ouma se gunsteling blom en elke jaar op haar verjaarsdag neem ons 'n rooi roos na haar nis toe. Hierdie simbool het toegelaat dat alhoewel sy nie meer hier is nie dat sy ook deel van hierdie spesiale dag kon wees.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok beteken alles vir my. Dit is die eerste rok wat ek self kon ontwerp tot my smaak en wat my perfek gepas het. Elke keer as daar 'n skool dans was en ek 'n rok moes soek, het ek voor die winkel venster gestaan en gehoop dat hulle my nommer in die pragtige groen tentoongestelde rokke het. Met my kurwes was dit nog nooit maklik om 'n rok van 'n winkelrak af te koop nie. My matriekafskeid rok het my uiteindelik laat beeldskoon voel. Hierdie ervaring was, soos my moeder dit noem " 'n mini troue", maar dit het my toegelaat om spesiale tyd saam met my moeder en ouma te spandeer. Die hele proses was 'n onbeskryflike ervaring. Die rok weerspieël my menswees, my persoonlikheid. Dit wys wie ek is.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My dag het rustig begin met 'n ontbyt met familie en toe het die mooi maak proses begin. Ek het 'n paar hoogtepunte gehad. Die fotosessie was baie snaaks met my wat letterlik binne in 'n bos rondhardloop om die regte boom te kry wat net perfek sou lyk. Die foto's is my gunsteling foto's van myself. Ons skool het 'n ontvangs met musiek en drankies gehad waar ons almal gil en skreeu van hoe uitspattig ons vriende lyk. Daarna arriveer ons by die uiteindelike matriekdans waar ons heeltyd op die dansbaan was en foto's geneem het. Dit was een van my gunsteling dae die hele jaar. Die rede hoekom hierdie hele dag 'n hoogtepunt was, is as gevolg van my vriendinne.
Planne vir na matriek
My planne vir na matriek is om verder te gaan studeer en die universiteits lewe te beleef. Ek gaan BSc Menslike Wetenskappe studeer. Ek hoop om nog baie meer mense te leer ken en ek hoop vir goeie kamermaats. Ek wil nog steeds kunstig bly so ek wil so af en toe die rustige natuur van Stellenbosch verf. Ek hoop om dalk 'n ekstra werkie te begin aan die einde van my studies deur te bak of kunswerke te verkoop.
Gunsteling woord in Afrikaans
kakofonie
Datum van matriekafskeid
2025-10-01