Callista Prinsloo

Hoërskool Alberton

Tuisdorp

Alberton

Skool

Hoërskool Alberton

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het besluit om nie n ontwerper te gebruik vir my rok nie, na maande se soek het ek n asemrowende rooi rok gesien wat my oog gevang het op Shein en besluit dis die een vir my. Ek het besef dis vir my baie belangriker om die lot geld wat op my rok spandeer sou word, eerder in my toekoms te belê.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Elke meisie droom al van hulle kinderdae af oor die spesiale dag en ek het van jongs af geweet dat wanneer ek die regte rok sien, sal ek dit herken. En met n klein verstelling hier en daar is dit presies waarvoor ek nog altyd gehoop het en geweet die klein dogtertjie binne my sou op en af spring van blydskap.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Omdat ek nou nie juis n ontwerper gehad het nie, wou ek dit gebruik het as n voorbeeld vir enige meisie dat jy nie n ongelooflike hoeveelheid moet gaan spandeer om pragtig te lyk en voel nie, so lank as wat dankbaar en gelukkig is en gemaklik voel in jou eie vel saam met mense waarvoor jy lief is, is dit al wat werklik saakmaak.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was definitief toe ek en my vriende die dansvloer tref en herinneringe maak wat n leeftyd sal hou. Om die einde van n lang pad wat ons saam gestap het, vir n aand lank te vier is n iets wat ek vir niks in die wereld sal verruil nie.

Planne vir na matriek

Ek beplan om by NWU sielkunde te gaan studeer met literatuur as n ekstra meriete vak omdat ek lief is daarvoor om te skryf en graag my talent verder wil ontwikkel. Dis my passie om met mense te praat en hulle te help deur enige probleme om dinge vir hulle makliker te maak en dis wat ek beplan om te doen tot die beste van my vermoë.

Gunsteling woord in Afrikaans

Asemrowend

Datum van matriekafskeid

2025-10-16

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media