Dané Pretorius

Hoërskool Linden

Tuisdorp

Linden

Skool

Hoërskool Linden

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Coco Belle Bridal and Evening Wear My rok is deur van die Ladivine by Cinderella Divine 2025 reeks

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was die see, golwe , son en skulpies. Ek wou die maier hoe die son op die water sprangkel en dans vasvang in my rok en sy sprankel. All die lae in my rok is pook verskillende kleure en tekstuur soos die golwe en kleure van verskillende see waters. Ek wou soos n prinsess voel wat in die son op die strand kan daans en in die see saam met al die see diere kan swem.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my die einde van ’n hoofstuk, maar die begin van ’n nuwe een. Dit maak my opgewonde vir wat die toekoms inhou, maar dit is ook ’n bittersoet gevoel, want ek droom al vir jare van hierdie dag - en dit was in ’n oogwink verby.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die kos was ongelooflik lekker, en Justin Vega het by ons matriekafskeid kom DJ. Dit was ook baie lekker vir my om saam met my ma my grimering te doen en om baie foto’s te neem. Ek soos die mooiste meisie gevoel.

Planne vir na matriek

Ek gaan ’n diploma in BCom Rek deeltyds swot by Akademia en ’n gapjaar-program doen by my kerk, Fontainebleau Gemeenskapskerk, waar ek verder gaan dien en nuwe dinge leer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Sprankel

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media