Kaylan O’Reilly
Hoërskool Klerksdorp
Tuisdorp
Klerksdorp
Skool
Hoërskool Klerksdorp
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my rok by Calvers Bridal and Eveningwear gehuur en Morilee het my rok ontwerp.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek was geinspireer deur sprokiesagtige balrokke en wou iets hê wat my soos 'n prinses laat voel en m persoonlikheid sou weerspieël. Die sagte pienk kleur en glinstering het my daardie dromerige gevoel gegee.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die rok het my selfvertroue, persoonlikheid, vroulikheid en sagte geaardheid weerspieël en my herhinner daaraan dat ek trots kan wees op wie ek is.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Om tot die besef te kom dat 'n groot hoofstuk van my lewe afgehandel is en dat ek aan die begin staan van 'n nuwe boek. Dit het my gevul met opgewondenheid en hoop om die aand ten volle te geniet en die herhinneringe te koester.
Planne vir na matriek
Ek gaan Onderwys Grondslagfase studeer deur Potchefstroom Universiteit
Gunsteling woord in Afrikaans
Liefde omdat dit so kragte woord is wat warmte gee
Datum van matriekafskeid
2025-10-01