Jacinda Viljoen
HTS Drostdy
Tuisdorp
Villiersdorp
Skool
HTS Drostdy
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Younic Designs - Nicolene Griessel
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het geen spesifieke inspirasie vir my rok gehad nie. Ek is mal oor die kleur oranje en het geweet min meisies gaan dit dra en omdat oranje klaar ‘n baie besige kleur is, het ek besluit op ‘n eenvoudige snit vir my rok met so klein bietjie “bling” om dit bymekaar te bring.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok beteken vir my baie. Dit weerspieël presies die mens wie ek is. ‘n Plain Jane soos die snit van my rok wat hou van so bietjie “bling” af en toe soos die detail op my rok en nie bang is om “anders” te wees soos die kleur van my rok nie.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Defnitief die dans. My rok het gelyk soos dié van ‘n prinses s’n op die dansvloer en die volgende dag het ek die prys betaal van baie dans met seer voete, maar ek vat enige dag weer die seer voete en blase as wat ek die “memories” opgee.
Planne vir na matriek
My plan is om BsC Sportwetenskap te studeer by die Universiteit van Stellenbosch en dan my Honneurs in Biokinetika te doen. My droom is om die biokinetikus van ‘n rugbyspan te word.
Gunsteling woord in Afrikaans
vervlaks
Datum van matriekafskeid
2025-10-01