Amelie Pelham

La Rochelle GHS

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Smulpaap - Iemand wat daarvan hou om lekker en baie te eet.

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Enige uitrusting moet gemaklik en beweging aanmoedig. Ek en my metgesel Steph is ongelooflik lief vir dans en daarom wou ek ‘n aandrok dra wat beweging vrylik komplimenteer en terselfdertyd my soos ‘n handskoen pas, ‘n uitrusting as ‘n spontane verbeelding en tentoonstelling van my persoonlikheid. Die material wat ek gekies het was perfek vir die projek want dit personifiseer my speelse geaardheid, my gunsteling kleure en dis uniek en verbeeldingryk want elke persoon wat dit sien form ‘n unieke prentjie omdat die uitrusting die heeltyd van kleur verander afhangend van die toeskouer se invalshoek? So gee my emsemble betekenis aan die engelse spreekwoord ‘Beauty is in the eye of the beholder’ en ‘your point of view’ word deurlopend aangemoedig en deur die aanskouer uitgevoer. Die material keuse het dimensie en reflekteer lig wat lewe gee aan die rok wat onbeskryflik mooi is.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My ensemble simboliseer my persoonlikheid en die vroulike inspirasie, spanwerk, samesyn en ondersteuning van drie generasies (ek, Mamma en Ouma). Dis ‘n erfstuk wat my vir altyd aan hulle verbind, ’n herinnering waarna ek kan terugkyk ,die kosbare tyd wat ek saam met hulle deurgebring het om die rok te ontwerp en letterlik op die dag van die matriekafskeid per hand op my lyf aanmekaar te werk en hoe lekker ons gelag en uitgestress het. My rok simboliseer vrouwees - ons moet kwesbaar, sensitief, veelsydig, aanpasbaar en relevant wees maar altyd buitengewoon, eksepsioneel, grasieus, toonaangewend, uniek, toeganklik en vreesloos voortekom.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media