Inge van Staden
Eunice High School
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Skelmkousies
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter my rok is my ouma en die pragtige strand van Pringlebaai. My ouma was mal oor rose, en ek is mal oor die kleur blou. Kom ek begin by my rok se ontwerp en die inspirasie daaragter.
Ek onthou hoe ek as klein dogtertjie sorgeloos oor Pringlebaai se strand gehardloop het, met my pa wat agter my aan probeer hardloop het (ek dink nie hy het toe al besef hoe vinnig ek regtig is nie!...). Ek en Ouma het saam see-anemone gesoek tussen die poele water tussen die rotse. Sy het gereeld vir my die dolfyne gewys wat in die branders baljaar - en ek onthou die sprankel van “liggies” oor die water, veral in die laatmiddagson.
O ja, en natuurlik kan die wind behoorlik daar waai! Enigiemand wat al by Pringlebaai vakansie gehou het, sal dit beslis kan beaam. Maar ten spyte van die wind, bly dit vir my een van die mooiste plekke in Suid-Afrika.
Die blou van my rok simboliseer die helder, skoon water van Pringlebaai, terwyl my rosekleurige “chiffonjas” ’n spesiale eerbetoon aan Ouma is - ’n herinnering aan haar gunstelingblomme. Die vloeiendheid van die materiaal laat my dink aan die wind, en aan Laurika Rauch se liedjie “Kinders van die wind” . Die kristalle wat spesiaal binne die rose ingewerk is, simboliseer die helder sprankeling van lig op die water van Pringlebaai se see. Ek is regtig mal oor my rok!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeidrok is vir my ‘n simboliese viering van herinneringe, liefde en groei. Elke element van my rok vertel ’n storie: die blou kleur herinner my aan die helder water van Pringlebaai, waar ek as kind saam met my ouma en ouers sorgeloos gespeel het. Die rose op my rok is ’n spesiale eerbetoon aan my ouma, wat rose liefgehad het, en die kristalle wat tussenin glinster, simboliseer die sprankelende liggies op die see wat ek altyd met haar sal verbind.
Vir my is hierdie rok dus nie net die hoogtepunt van my matriekjaar nie, maar ook ’n manier om my kinderjare, my familie en die mense wat my gevorm het, te eer. Dit is ’n herinnering aan waar ek vandaan kom - en aan die wind, die golwe en die liefde wat my altyd sal dra.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-04