My rok is geinspireer deur my nuuskierigheid en my oog wat altyd due klein goedjies raak sien. Ek het my rok dus ontwerp met die gedagte dat alles spesiaal moet wees, daar moet 'n betekenis of grappie gekoppel wees aan elke cm van die rok.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My rok se kleur simboliseer die geluk in 'n mens se lewe en dat daar altyd iets is om oor bly te wees. Die blommetjies wat met die hand op geborduur is herinner my aan al die werj wat mens moet insit om die uitslag te kry wat jy wil hê. Elke naald wat jou vinger prik kan ook vergelyk word met die uitdagings wat langs die pad is. Toe my rok klaar is het alles bymekaar gekom, al die seer, sweet en harde werk het die mooiste eind produk gehad. Dus beteken my rok vir my dat daar altyd iets goed sal wees gedurende of aan die einde van 'n moeilike tyd