Andrea du Toit

Hoërskool Charlie Hofmeyr

Tuisdorp

Wolseley

Skool

Hoërskool Charlie Hofmeyr

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my rok by Scarlett Fashion in Somerset-Wes gekoop.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het al vroeg in die jaar rokke begin aanpas en het heeltemal ’n ander styl en kleur ingedagte gehad….blou en wit met n bietjie van ‘n bling. Vir die tweede aanpassing om finaal te besluit, het hierdie rok op die mannekyn my oog gevang en ek het gesê ek wil net graag sien hoe dit op my lyk. Ek en my ma het mekaar net een kyk gegee en gesê…”wow, dis my rok en hoef nie verder te soek nie!”

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

“Bold and beautiful”…dit is wat my rok vir my beteken. Dit weerspieël en bring my persoonlikheid na vore…sterk en some dálk bietjie te groot…maar selfvertroue om my rok met grasie en styl te dra…en verseker ook n tikkie uniekheid. Absolute styl en elegansie… iets so mooi dat wie dit ookal sien, die reaksie ‘n “WOW!”sal wees. En só, verseker n glow up van my alleges lewe as ‘n tiener in my skool rok en ponytail op die kop!

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Verseker die bederf en mooimaak voor die tyd. Die grootmense wat rondskarrel om al die reëlings te laat vlot terwyl ek kon terugsit en elke oomblik met waardering te geniet en in te neem. Al die foto’s wat geneem word om alles in ‘n weighed vas te vang. En dan die groot oomblik… om al my vriende en vriendinne te sien… om die rooi tapyt te oorleef sonder om met die hoë hakke voor almal neer te slaan…en dan die begin van die aand met lag, dans en vrolikheid om ‘n onvergeetlike dag af te sluit!

Planne vir na matriek

Ek gaan eers ‘n gapjaar neem voordat ek verder studeer. In hierdie tyd wil ek myself blootstel aan verskillende werkservaring sodat ek ‘n beter besluit kan maak watter rigting ek presies in die lewe wil volg. My broer werk in VSA so dalk pak ek sommer my tasse… my ma moet my nét kwaad genoeg maak!

Gunsteling woord in Afrikaans

Spontaan

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media