Megan Jones

Shangri-la Academy

Tuisdorp

Kemptonpark

Skool

Shangri-la Academy

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Landi Couture - Boksburg My rok is ingevoer vanaf verskaffer in Kaapstad.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die kleur van my rok is geïnspireer deur ’n rooi granaat, ’n simbool van innerlike krag, selfvertroue en passie. Soos ’n granaat se vonk en intensiteit, straal die kleur my vasberadenheid, groei en die vuur waarmee ek my toekoms in stap.” Ek is opgewonde oor die nuwe uitdagings wat voorlê in 2026!

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My Matriekafskeidrok: ’n Simbool van Groei en Selfvertroue My wynrooi matriekafskeidsrok is veel meer as net ’n kledingstuk – dit is ’n simbool van die reis wat ek afgelê het om die persoon te word wat ek vandag is. Die ryk, diep kleur verteenwoordig krag, passie en volwassenheid – eienskappe wat ek oor die afgelope paar jaar begin omarm het. Ek stap met selfvertroue, gemaklik in my eie vel, en trots op alles wat ek bereik het. Ek voel gereed om die wêreld aan te pak en om my drome met oorgawe na te jaag. Hierdie rok vertel ’n storie van groei, vasberadenheid en die opwinding oor ’n toekoms wat vol moontlikhede lê.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die opwinding! My klasmaats met wie ek hierdie hoogetepunt kon deel en die herrinneringe wat ons saam oor die afgelope 12 jaar kon deel, het soveel meer beteken en ons matriekafskeidsaand nog meer spesiaal laat voel. My pa was ons skoolhoof vanaf Graad 1 en hierdie jaar was sy laaste jaar saam met ons matriekgroep en met my. Hy het saam met my die fotosessie bygewoon – iets wat ongelooflik baie vir my beteken het. Hy is my held en my steunpilaar. Hy het my nie net waardevolle lewenslesse geleer nie, maar ook gewys watter karaktereienskappe ek eendag graag in my man sal wil sien. Sy liefde, wysheid en voorbeeld het my gevorm en sal altyd deel wees van wie ek is.

Planne vir na matriek

Ek beplan om my Sielkunde graag by Sacap in Pretoria te voltooi en te kombineer met Gestald Speelterapie, iets wat my baie na aan die hart lê. Ek wil graag 'n verskil maak in klein mensies se lewens en hul die nodige rigting gee asook die hulpmiddels om enige uitdagings wat op hul pad mag kom, met sukses aan te pak.

Gunsteling woord in Afrikaans

Fantasmagories!

Datum van matriekafskeid

2025-03-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media