Shandre Greyvenstein
Eldoraigne HoErskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja!
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
“My goue rok simboliseer vir my groei, selfvertroue en die begin van iets nuuts. Die kralewerk en sagte glans herinner my daaraan dat elke detail saak maak — net soos elke stap oppad na my nuwe hoofstuk."
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
“My matriekafskeidrok is vir my meer as net ’n rok — dis ’n mylpaal wat ek met trots bereik het. Hierdie aand was die hoogtepunt van maande se beplanning, opwinding en drome. Ek het nog altyd ’n visie gehad van hoe ek wou lyk — elegant, vol selfvertroue en stralend — en op daardie aand het dit vir my gevoel asof daardie droom waar geword het. Om my rok aan te trek, was soos om in ’n nuwe hoofstuk van my lewe in te stap. Dit was alles wat ek gehoop het dit sou wees, en meer.”
Datum van matriekafskeid?
2025-10-17