Kaylee Bradley
Die Brandwag Hoerskool
Tuisdorp
Uitenhage
Skool
Die Brandwag Hoerskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Andre Cloete het my rok ontwerp en gemaak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het 'n kleur gesoek wat nie alledaags gesien word op 'n matriekafskeid nie. Ek het 'n sagte kleur gesoek wat pas by my sagte persoonlikheid en wat my donker hare en blas vel sal komplimenteer. Toe ek die materiaal sien, was ek dadelik verlief op dit en veral die kleur.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dit is my droom rok, so sag en elegant en pas perfek by my. Ek het 'n rok gesoek wat "wow" skree en asems laat wegslaan. Dit beskryf alles van my. Die rok komplimenteer my sagte, vriendelike persoonlikheid en pas perfek by my lyf. Ek het soos 'n prinses gevoel en was so gemaklik gewees in die rok.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Alles was net asemrowend gewees. Vandat ons uit die motor geklim het, het almal net komplimente uit gedeel en geskree, dit was so lekker gevoel gewees. Die aand was so gesellig gewees en ons het goeie herinneringe gemaak. Beslis die hoogtepunt van my skoolloopbaan gewees.
Planne vir na matriek
Ek gaan volgende jaar "Architectural Technology" studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Olifantasties
Datum van matriekafskeid
2025-10-01