Anzél Jordaan

HTS Drostdy

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

glimlag

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Mens sou dink dat iemand wat só opgewonde is om “op te dress”, lankal haar droom-matriekafskeidrok in ’n Pinterest-lêer sou hê, maar eerlikwaar, dit was nie die geval nie. Toe die tyd uiteindelik aanbreek om na rokke en ontwerpe te begin kyk, het ek besef ek het geen idee waar om te begin nie. Ek was verlore tussen duisende stylrigtings en idees, sonder ’n duidelike prentjie van wat ek wou hê. Natuurlik wou ek hê dit moes iets besonders wees ,iets wat my persoonlikheid vasvang, maar met die besige matriekjaar het ek eenvoudig nooit die tyd gekry om rustig daaroor te dink nie. Die dag voor my eerste pas het ek ’n paar idees bymekaargeskraap en dit vir die ontwerper gestuur, sonder groot verwagtinge. Met daardie eerste pas het ons koppe bymekaar gesit, en saam het ons begin droom, van sagte valle, elegante detail en ’n rok wat meer sou wees as net stof en nate. Soos die rok stadig begin vorm aanneem het, het elke pas ’n nuwe stukkie lap, ’n fyn afwerking of ’n blink detail bygekry. Een van my vereistes was ook n rok wat gemaklik is, ek wil tog die aand ook geniet ! Ons het besluit om die valle ‘n romp te maak wat ek kan afhaal wanneer ek dans of net gemakliker wil rondbeweeg. Op hierdie manier het ek ook 2 weergawes van my rok, wat dit nog meer uniek maak ! Teen die einde het ek besef dat hierdie rok is nie net ontwerp nie ,dit is geskep, stukkie vir stukkie. ’n Meesterstuk vol drome, inspirasie en herinneringe…en daar is nie een ding wat ek sou wou verander nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Soos vir enige ander tienermeisie, is dit ’n droom om op jou mooiste te voel en te lyk — en wow, hierdie droom het regtig uit en uit waar geword. Dit het gevoel soos iets uit ’n sprokiesverhaal, iets wat ek eenvoudig nie in woorde kan vasvang nie. Van die duisende klein kralletjies tot die eindelose valle het ek gevoel hoe selfvertroue in elke tree met my saam beweeg, hoe ek regtig kon wees wie ek is. Hierdie rok is nie net stof en lap nie, dit is ’n simbool van al die harde werk, opwinding en verwagting wat my matriekjaar ingehou het. Elke detail, elke naat, elke blink stukkie simboliseer ’n herinnering, ’n oomblik van vreugde en ’n gevoel van prestasie. Dit herinner my aan die vreugde van klein dinge en die opwinding van nuwe ervarings. Meer as net ’n mylpaal in my lewe, simboliseer hierdie rok ’n nuwe begin. ’n Begin vol onvergeetlike herinneringe, nuwe vriendskappe en opwindende ervarings wat wag om gevul te word met lag, drome en avontuur. Dit is ’n stuk wat my nie net laat skitter het nie, maar my ook laat voel het dat alles moontlik is.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-01

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media