Mieke Stoltz

Wesvalia

Tuisdorp

Klerksdorp

Skool

Wesvalia

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Kobus Rautenbach Couture

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Met my ouers se troue het my ouma die mooiste "delft" Huguenot teekoppie stel vir my ma gegee. Ek was altyd in bewondering deur die fyn blou en wit patroontjies van die blomme op die koppies. Altyd as my ma haar tee daaruit drink het dit vir my so fyn, elegant en stylvol gelyk. Ek het altyd gesorg dat ek iets in die skakering en styl in my klerekas het en ek onthou dat ek altyd gekomplimenteer was as ek so iets gedra het. Ek wou dieselfde idee en gevoel in my matriekafskeidrok inbring omdat dit so deel van my "Hoërskool klerekas" was en my persoonlikheid konstant en deurlopend uitgebeeld het. Vir my was dit n weërspieling van hoe ek myself sien - fyn, elegant en stylvol.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die ontluiking van my as jong meisie tot jong dame, soos wat ek was as n "sool" in Graad 8 tot n Prinses in n sprokiesverhaal in Graad 12 - presies wat my hele Hoërskool jare vir my was. My maats, my skool en die onderwysers het elkeen n rol gehad in my storie. Vir my is dit nie net n matriekafskeidrok nie, maar my "happily ever after".

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hele jaar in aanloop na die matriekafskeid dag was vir my n hoogtepunt. Elke oomblik vanaf ons eerste konsultasie met Kobus Rautenbach, elke deel van die beplanning ten opsigte van hare, grimering, naels, passings. Al die gesprekke met my maats deur die jaar oor ons opgewondenheid vir die matriekafskeid. My matriekafskeid was nie net vir my die een aand nie, maar deurlopend vanaf die begin van matriek was die rok elke paar weke deel van my hele jaar ten opsigte van die beplanning, passings, skuur en skaaf aan die perfekte rok wat by my as meisie pas.

Planne vir na matriek

Ek wil graag my graad verkry in Bedryfsingeneurswese aan die Pukke. Ek wil vir myself n toekoms skep waarop ek kan trots wees, as mens, as jong dame en as n voorbeeld vir elke dogter in my familie.

Gunsteling woord in Afrikaans

Poenankies

Datum van matriekafskeid

2025-10-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media