Phoebe Joubert

Hoërskool Louis Trichardt

Tuisdorp

Louis Trichardt

Skool

Hoërskool Louis Trichardt

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my rok laat maak by Lapamfashion deur 'n dierbare Tannie, Pam Mkhwanazi, in ons dorp. Ek is so dankbaar vir haar en hoe sy op 'n wonderbaarlike manier my deurmekaar idees kon vassteek en 'n werklikheid maak!

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek verwonder myself altyd aan 'prinses' rokke en korsette. So, in die kyk na idees, het ek altyd teruggegaan na korsette en patrone wat gaan mooi lyk by my "ruffles" van die rok gedeelte. Met die soektog na inspirasie, het ek my hart op drie verskillende rokke gehad, wat my los met al opsie om my gunsteling elemente van elk te vat, en te kombineer om 'n rok te ontwerp wat 'Phoebe' skree! Dit het my grootste verwagting oortref!

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok is vir my 'n spesiale herinnering van die gevoel wat ek kry as ek dink aan die kosbare 12 jaar wat ek nou afsluit voor ek die buite wêreld gaan betree. Vir 12 jaar lank droom jy van die dag wat jy presies kan besluit watse rok jy wil dra om jouself op jou mooiste uit te beeld en vir my was dit die lekkerste lekker om met my rok se ruffels te speel.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My hoogtepunt was verseker die photoshoot saam my heel beste pel(my date), my familie en beste vriendin wat al soos familie geword het. Ons het soveel pret gehad!

Planne vir na matriek

Ek gaan vir 'n jaar Europa toer terwyl ek aupair in Nederland! Na dit wil ek kyk om kindersielkunde te studeer of na 'n ontwerpskool toe te gaan.

Gunsteling woord in Afrikaans

borrels!!

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media