Jennifer Bremner

Hoërskool Kalahari

Tuisdorp

Kuruman

Skool

Hoërskool Kalahari

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

HSC Pretoria

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Aanvanklik was hierdie rok glad nie my eerste keuse nie. Ek het ’n ander rok gehad waaroor ek baie opgewonde was, maar toe het iets verkeerd geloop met daardie een. Ek moes vinnig ’n nuwe rok kry en toe kom hierdie pragtige blou rok oor my pad — eintlik net as ’n “back-up”. Wat ek nie geweet het nie, is dat dit sou uitloop op die beste keuse van almal. Die oomblik toe ek dit aantrek, het ek geweet dis die een. Die kleur, die glans, en hoe dit my laat voel het , ek was die heel aand gelukkig en die sprankel van die rok het my geluk weerspieël— alles was perfek. Soms gebeur dinge met rede, en hierdie rok het gewys dat die plan B soms die mooiste verrassing is. ✨💙

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok se blou was besonders en het met elke ligstraal n ander kleur blou weerspieël, my rok is soos ek , n jong dame wat als in die lewe se sprankel wil verteenwoordig en al is iets nie dalk jou eerste keuse nie, is dit net omdat daar n groter en beter plan vir jou is❤️

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Beslis die helikopter , dit was nog daai iets besonders waarmee ek en my metgesel by ons matriekafskeid wou opdaag

Planne vir na matriek

Ek beplan om LLB te studeur , maar nes enige 18 jarige is die toekoms nog onseker, maar nes die perfekte rok oor my pad gekom het weet ek die regte besluit vir my toekoms sal ook oor my pad kom

Gunsteling woord in Afrikaans

Liefde

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media