Ane Strydom

Hoerskool Dr Malan

Tuisdorp

Meyerton

Skool

Hoerskool Dr Malan

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Couture by Michelle Howell - Johannesburg

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was om ’n glamorous maar classy voorkoms te skep – iets tydloos en elegant. ‘n Kleur met sagte perels, glitter en kant-detail bring ’n gevoel van luuksheid en vroulikheid, sonder om te oorweldig. Dit weerspieël presies hoe ek op dié spesiale aand wou voel – stylvol, selfversekerd en uniek.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok is vir my baie spesiaal, want dit is met liefde en insette van almal rondom my ontwerp – elke detail dra ’n stukkie van hulle in my groot dag. Dit herinner my daaraan dat ek, as ’n dogter van God, mooi geskape is binne en buite, en dat ware skoonheid van Sy hand kom.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die spesiaalste deel van my matriekafskeid was dat ek dit saam met my pa, ma en sussie kon deel. Die fotosessie saam met hulle het vir altyd in my hart gebly. Die grootste hoogtepunt van alles is dat die Here Jesus my sussie daardie dag gespaar het sodat sy nog saam met my kon wees — ’n kosbare seën wat ek vir altyd sal onthou.

Planne vir na matriek

Wil graag Bcom Business Management and Communication studeer by NWU Potchefstroom

Gunsteling woord in Afrikaans

"Mooi" - https://www.facebook.com/share/p/1DC6LvRMhx/?mibextid=wwXIfr

Datum van matriekafskeid

2025-10-16

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media