Jelani White

Hoërskool Wesvalia

Tuisdorp

Klerksdorp

Skool

Hoërskool Wesvalia

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het saam met Hendrik en Chantelle van Le Roux Couture aan hierdie rok ontwerp. Ek weet dat baie meisies slegs 'n paar ure met hulle matriekafskeid rok deurbring. Ek was bevoorreg om ure aan die uitsny en uitleg van die kant te kon bestee, vir die ideale, vleiende en simmetriese ontwerp. Ek voel bevoorreg om te kon werk met sulke talentvolle ontwerpers, wat soveel ure en moeite ingesit het om my idee 'n werklikheid te kon maak, en dit gedoen het met soveel geduld en passie.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het gestrewe na iets unieks. Ek was geïnspireerd deur 'n meer klassieke romantiese styl rok, en die grasie daarvan. Ek het die liggrys doelbewus gekies, nie bloot omdat dit ongewoon is nie, maar omdat dit vir my die sagte, elegante en beskeie beeld wat ek wou verteenwoordig, weerspiëel het. Hierdie kant was glansryk en uniek, met al die verskeidenheid interessante ontwerpe waarna ek gesoek het. Die monochrome van grys, verweef met ryk, donker turkoois en warm roesbruin, het saamgesmelt in 'n harmonie van kleur en het die klassieke romantiese styl waarna ek gestreef het, gekomplimenteer.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Om my eie matriek rok te ontwerp het vir my ongelooflik baie beteken. Dit was nie net oor mooi wees vir een aand nie, maar oor om iets te skep wat my persoonlikheid uitbeeld. Ek het my rok gesien as 'n leë canvas wat gewag het om 'n kunswerk te word en het 'n liefde laat ontwikkel vir die moeite en kunstigheid wat ontwerp vereis. Elke keer as ek daarna kyk, herinner dit my aan trots, dankbaarheid en die mooi hoofstuk wat ek nou afsluit. Le Roux Couture het waarlik my rok my eie gemaak!

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hele geleentheid en die beplanning daarvan was opwindend. Om al die meisies in hulle prag te kon sien, elkeen wat 'n storie met hulle rok vertel het, was pragtig. Dit was so opwindend om die aand by die funksie saam met sielsvriende deur te bring, te lag, te sing, en te dans saam met die onderwysers op 90's Hits. Alles van die matriekafskeid was net 'n blote voorreg om van deel te wees, en sal 'n geleentheid bly wat ek nooit sal vergeet nie.

Planne vir na matriek

Ek beplan om Grafiese Ontwerp te gaan studeer by die Noord-Wes Universiteit.

Gunsteling woord in Afrikaans

Verganklikheid

Datum van matriekafskeid

2025-10-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media