Kayla Botha
Hoërskool Parys
Tuisdorp
Parys
Skool
Hoërskool Parys
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Tienie Boshoff Couture
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou n rok hê wat wys dat ek nie bang is om te staan en gesien te word nie en my ontwerper het die perfekte balans geskep tussen klas en elegansie. Ek het met my eerste konsultasie verlief geraak op die donker kleur en wat my rok alles kon wees sonder om n volledige prentjie te hê.Toe ek my rok aantrek by my finale passing het alles saamgesmelt. Van die diep glinterende blou tot die fyn detail en sprankel het hy my visie n realiteit gemaak en ek het myself in n ander lig gesien-dit kon nie meer perfek wees nie!
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok was nie net vir my n item wat vir een aand se spog bedoel was nie,maar eerder n herinnering dat ek verdien om mooi te voel sonder om verskoning te vra daarvoor. Elke keer wat ek na my foto's terugkyk of snags lê en die aand herleef,onthou ek hoe dit gevoel het om te weet ek is genoeg - nes ek is.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt was nie n spesifieke oomblik nie,maar n gevoel - n blaaskans sonder stres of vergelyking,net in die oomblik leef. Ek het gevoel hoe maande se voorbereiding en uitsien bymekaarkom. Ek het nie nodig gehad om iemand anders te wees nie-ek kon net volmaak myself weerspieël en die gevoelens deel saam my families wat alles moontlik gemaak het.
Planne vir na matriek
Ek gaan studeer vir my lewenslange droom om n sielkundige te word in Bloemfontein.
Gunsteling woord in Afrikaans
Dankbaar.
Datum van matriekafskeid
2025-10-03